Winkel

Titel: ROEPSTEM

ISBN: 978-0-620-56622-3 | Datum gepubliseer: 2013-05-10 | Illustreeder: Nicole Phillips | Uitgewer: Aurora Uitgewers


’n Pragtige sonsondergang oor Heidelberg se Suikerbosrand, koffiestoom wat dansend uit die beker met die skemerbriesie tiekiedraai en ’n digbundel in die hand. Dit is wat ’n mens se hart warm slae laat bons en die gevoel gee van: Hier is ek tuis! Die digbundel in die hand, kan nie anders nie as om Roepstem te wees. Die bundel wat soos ’n bergfontein ontspring uit een van die suiwerste harte, die adelhart van Charmain Potgieter.
Charmain se kinderlike geloof, ware Boerehart, liefde vir ons volk se geskiedenis, vrou-wees, moederwees en mens-wees, word alles, soos die klank van ’n tortel tussen populiere, ineengevleg in haar kunstige en keurige woordekuns. Tussen haar ritme en rym wandel mens op verse deur die geskiedenis. Staan stil om deernis en menslikheid te pluk langs die blaaie. Voel die vry blou lug van toekomsdrome, wense en gebede. Die leser kniel saam met die digteres voor die skoonheid van ons Skepper se natuur. Maar soms, in die newelmis van ons kleinmensie-seer, kom sy en vee met sagte woorde en begrip oor ons mensweeshart se traan.
ROEPSTEM – ’n Móét op elke poësieliefhebber se boekrak. Dit sal dien tot verryking van elke leser se siel en is ’n ware aanwins tot Afrikaanse letterkunde. Boerius (Wilhelm Pretorius)




Van liefde en so ...

deur Robelle

Verse oor liefde in blom, in krisis, verlore ... verwerkte grappies in digvorm



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar