Winkel

ISBN: 978-0-9870092-1-0 | Datum gepubliseer: 2013-07-25 | Illustreeder: Igor Sturmheit, ontwerp deur Nadene Eksteen | Uitgewer: Self


God is oral en in alle omstandighede – positief en negatief – aktief teenwoordig in die gelowige se lewe. God is alom bewonderenswaardig.
In Oral is my God neem die skrywer die leser op reis deur hierdie heerlike wete. Hy doen dit hoofsaaklik aan die hand van Psalm 139 volgens die Bybelgenootskap se 1983-vertaling.
Ou en nuwe insigte word uit hierdie skatkis gehaal.
Oral is my God is ʼn troosboek vir die gelowige, maar in hierdie vertroosting lê ʼn opdrag verskuil van hóé die gelowige sy en haar lewe in die algemeen behoort te benader, daaroor te besin en in die besonder voluit te leef – biddend-ondersoekend en in aanbiddende verwondering oor God.
Oral is my God is multigenreskrywer Johann Boshoff se tiende Christelike oordenkingsboek.




HOOP

deur Ano

HOOP is 'n hulpmiddel vir persone wat sukkel om die dood van 'n geliefde te verwerk. Die hoofstukke is kort en aan die einde van elkeen is 'n paar vrae wat jy aan jouself kan stel. Vrae soos 'Van watter metodes maak jy gebruik om van jou rou af weg te vlug', of 'Hoe hanteer jy verjaarsdae en ander feestelike byeenkomste'? Hierdeur hoop ek die leser sal tyd in introspeksie deurbring en vir homself 'n paar antwoorde vind.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar