Winkel

ISBN: 9781920527815 | Datum gepubliseer: 2013-08-27 | Illustreeder: Carol Williams | Uitgewer: ELRIKA UITGEWERS


EVELYN VAN DER MERWE SE NUWE DIGBUNDEL “DANS VAN DIE VLAMMEVERS”

Weereens verras Elvina (soos ons haar op Woes ken) ons met ‘n prag bundel, vol emosie.

Hierdie bundel toon soveel groei teenoor haar vorige bundel. Daar is kosbare skatte vervat daarin.

Evelyn beskik beslis oor die vermoë om lesers vas te vang met die uitbeeld van haar emosies. Haar skryfstyl spreek van fyn aanvoeling en meelewing in die sloer van die alledaagse lewe.

Haar gedigte voer mens weg na droompaaie, laat jou soms glimlag of ‘n traan afvee, maar bring mens ook weer terug na die harde werklikheid.

Daar is soveel gevoel en rou emosies wat sagkens omseil word om treffend tot die leser se hart te spreek. Mens kan nie die diep boodskappe wat verskuil is in haar gedigte miskyk nie. Dis ‘n lees, leer en onthou ervaring.

Dans van die Vlammevers is ‘n meeleef bundel, beslis aan te beveel.
Baie geluk met hierdie pragtige werk van jou Evelyn. Mag dit net die tweede bundel van nog baie vorentoe in jou skryfloopbaan wees.

Driekie Grobler




Gee my hoop - selfs toe daar geen hoop meer was nie

deur stefan s

Die boek se inhoud gaan hoofsaaklik oor die tema “hoop”. Hoop kan op verskillende maniere of geskep, versterk of vernietig word. Daar word gekyk na faktore wat ʼn direkte of selfs indirekte invloed uitoefen op die hoop wat daar in menseharte bestaan. Die boek is anders as ander deurdat daar aan die einde van elke hoofstuk ʼn gedig van hoop en bemoediging, deur stefan s, geskryf is wat by die tema van daardie hoofstuk aansluit. stefan s is ʼn predikant wat reeds 30 jaar in die bediening staan en in drie gemeentes gedien het. Ek is tans besig met twee afsonderlike kursusse in nood- en traumaberading. Ek is self deur diep waters wat as motivering gedien het vir die skryf van die boek met die spesifieke onderwerp “hoop”.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar