Winkel

ISBN: 9780620601368 | Datum gepubliseer: 2014-03-03 | Illustreeder: Andre Beukes | Uitgewer: myAfrikaans


Die boek het sy ontstaan daarin dat die skrywer relatief onlangs self ʼn tydperk van diepe beproewing beleef het waartydens hoop ʼn sentrale rol gespeel het. In sy worsteling met vrae sonder oënskynlike antwoorde, het hy opnuut hoop ontdek in die wyse waarop God hom gelei, gedra en versterk het in die geloof. Daar het ʼn dankbare en diepe behoefte ontstaan om hierdie hoop met ander te deel. Dit is sy ervaring as predikant dat die mensdom na ware hoop soek. Daarom is die primêre tema van die boek “hoop”.
Die boek handel oor verskeie positiewe aspekte rondom die tema, maar hanteer ook faktore wat hoop kan bedreig en selfs vernietig. Elkeen se eie aandeel in ander se belewenis van hoop word ook deurlopend onder bespreking gebring.
Wat die boek anders maak as die gewone is dat daar aan die einde van elke hoofstuk ʼn gedig van hoop en bemoediging, deur stefan s geskryf, ingesluit is wat by die tema van daardie hoofstuk aansluit.
Daar is ter wille van afwisseling, ook enkele hoofstukke wat ander relevante temas aanspreek.
stefan s is ʼn predikant wat reeds 30 jaar in die bediening staan en in die tydperk in drie gemeentes gedien het. Prediking en pastoraat is sy passie. Hy is tans besig met twee afsonderlike kursusse in nood- en traumaberading.




Die legkaart van ons lewe

deur hopeanointed

Jare se ervarings van diepe seer het ons geleer dat ons lewe ṅ legkaart is in God se hand wat Hy spesiaal uitgesoek het deur Sy liefde en genade om te voltooi. ṅ Legkaart, kosbaar en uniek waarvan elke stukkie sorgvuldig met tyd en geduld uitgesoek word om presies in plek te pas. ṅ Legkaart in bou om aan ṅ gebroke wêreld te wys dat Jesus Leef!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar