Winkel

ISBN: 978-1-928202-61-5 | Datum gepubliseer: 2014-06-20 | Illustreeder: 0 | Uitgewer: Piet Schoombie


Dit is die skrywer se vyfde publikasie en handel oor die probleme wat baie Suid-Afrikaners in die nuwe SA ondervind en hulle wroeging met die vraag of hulle moet ry of bly. Lesers sal hulle ten volle kan vereenselwig met die realiteit van korrupsie, misdaad en moord in dié boeiende verhaal. Dit handel oor ’n jong siviele ingenieur wat, as gevolg van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging, sukkel om ’n werk in SA te kry. Gelukkig is sy kundigheid in die buiteland sterk in aanvraag en hy ontvang verskeie gunstige werksaanbiedinge. Sy besluit of hy oorsee moet gaan al dan nie, word egter bemoeilik deur sy liefde vir en lojaliteit teenoor sy vaderland.




Maalkolk

deur Rachelle du Bois

Adele Coetzee will nie vir Francois Bekker as nuwe plaasbestuurder op Goedgeloofd hê nie. Sy kan self hul familieplaas bestuur. Francois is ‘n indringer en hoort nie op die plaas nie. Sy vertrou hom nie, maar Francois besluit dat hierdie tierwyfie getem moet word. Deon Kelder woon op die buurplaas Goedehoop en hy is verlief op die misterieuse nuwe onderwyseres by die plaaslike laerskool, Madri Viljoen. Waarvoor het die hoogsbegaafde Madri gevlug en wat kom maak sy hier op Heidelberg? Hy wil haar hê, maar dis toe nie so maklik nie, want haar pynlike verlede kom staan soos ‘n skim tussen hulle. En wie is Alex ….?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar