Winkel

ISBN: 9780620596923 | Datum gepubliseer: 2014-06-11 | Illustreeder: Alta Olivier | Uitgewer: Self uitgewer


Ek het nooit gedink daar sal ‘n dag kom dat ek die seer in my lewe met mense sou deel nie. Ek is deur moeilike jare, waarin ek gesukkel het om God te vind. Terwyl die Here besig was om my vry te maak, het ek geweet daar is mense wat soos ek ook in die verlede nou geen lig sien nie. Ek het ‘n passie vir mense se lief en leed gekry, iets wat net van Vader kon kom. Hy het met my begin werk oor my getuienis wat ek moet deel. Ek kan egter nie net vir julle die goeie dele van my lewe vertel nie, want dit was juis deur die slegte
gebeure dat ek God ontmoet het. Daarom moet julle ook weet dat die persone en ek in my getuienis nie sleg was nie, wel ons oortredinge. Ek kan dit egter nie uitsluit nie, want dit is deur dit wat ek God se Grootheid, Goedheid en Genade later in my lewe kon aanskou. Daarom deel ek my getuienis in opdrag van die Here wat ek liefhet en graag wil gehoorsaam en weet ek dat elke leser God hierin sal ervaar. Ek weet wat die Here vir my gedoen het, wil Hy ook vir jou doen in jou lewe of sitsuasie. Elkeen van ons het ‘n getuienis of is ‘n getuie van wat God in ons lewens elke dag doen. Ek hoop dat my getuienis jou sal inspireer om ook joune te deel. Ek weet dat God my getuienis sal gebruik tot Eer van Sy Naam. Mag jy geseën word hierdeur en net ervaar hoe groot is Sy Genade en Liefde vir ons. My getuienis is onder die bloed van Jesus Christus en my gebed is dat elkeen met die lees hiervan Hom net lief of liewer sal kry. Dat daar ‘n honger en ‘n dors na Hom sal kom in elke leser se binneste wat net Hy kan stil sodat strome van Lewende waters uit jul binneste vloei.




Volg net die Skoenlappers

deur Anria

Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar