Winkel

ISBN: 978-1-928261-02-5 | Datum gepubliseer: 2014-09-27 | Illustreeder: Barend Booysen/BennyB/worldinmyLENS | Uitgewer: Barend Booysen


Tussen woorde se oop spasies is ‘n lewensreis waar gereeld verwys word na die oop spasies. Dit is nie net my geskiedenis nie maar waar ek die leser ook aanhits om dieper te kyk. Nie net na die skrywe nie maar na lewe, liefde, dood, seer, glo en hoop in ‘n beter/ander nou en môre.

Daar word gesê ‘skrywers werk op hul beste as hulle seer en pyn voel’, dit is seker so. Tog stap ons dag-in en dag-uit elk met ons eie dinge, geite en deel ons ook in die mooi van lewe. Die soeke daarna, kom ons noem dit die balans in die lewe, het my van bakboord na stuurboord gejaag. In hierdie om-en-dom bestaan moes ek stop, opname maak van waar en wie ek as mens is. Dit was en is steeds seker die moeilikste van als, om te kan staan op-die-plek-rus en krap. Wie is ek, wat is ek in die owerspel van die lewe.

Ek moes meer as een maal stop, my skouersak vol klip neersit en net wees. En so kom dan ook die realiteit, ruk-en-pluk aan jou wese om jou oë oop te maak. ( verwysend na my vers – Klipgedagtes)

Tog op die wandelpad het ek geleer van die natuur, liefde, verlies se seer en het ek anders mens geword. My liefde vir foto’s en skryf het my vlerke gegee om te verken. Vandag staan ek dankbaar voor ‘n Groot Meester wat my kompas se noord, suid, oos en wes deur mekaar sou maak om my te laat sien.

Ek hoop dat jy deur my verse die lewe vanuit ‘n ander hoek sal bekyk en sal krap tussen woorde se oop spasies.

Dankie vir jou saamlees!

BennyB
(Barend Booysen)




Jesus Beter en Beter

deur Lynie van Westfort

'N digbundel deur God geinspireer. Geskryf deur 'n verloste vrou. Baie diep het Hy my uitgehaal.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar