Winkel

ISBN: 9781498415729 | Datum gepubliseer: 0000-00-00 | Illustreeder: Charmaine Viviers | Uitgewer: Xulon


Die omslag van die boek is 'n brief wat my dogter gedurende 'n baie diep depressie put aan my geskryf het. Ek is in 1998 met bipolariteit gediagnoseer. Dit was 'n geweldige skok. Ek was manies gedurende die tydperk en in Weskoppies opgeneem in een van die erge sale. Daarna het ek werk begin soek en van penne smous in die straat tot gekwalifiseerde rekenmeester gevorder.

Die depressie het egter my begin versmoor in sy donker helleput. Ek het nie minder as vyf keer selfmoord probeer pleeg nie.

Ook is ek getref deur Steven-Johnson sindroom en het ek met griep onderlede die moordende Comrades tot 73km ver gehardloop.

Hoe het ek dit alles oorleef? Besef dan dat ek 'n lewende wonderwerk van God is. En my missie; om HOOP te bring en vele siele deur hierdie boek vir God se Koningkryk te wen.




Die legkaart van ons lewe

deur hopeanointed

Jare se ervarings van diepe seer het ons geleer dat ons lewe ṅ legkaart is in God se hand wat Hy spesiaal uitgesoek het deur Sy liefde en genade om te voltooi. ṅ Legkaart, kosbaar en uniek waarvan elke stukkie sorgvuldig met tyd en geduld uitgesoek word om presies in plek te pas. ṅ Legkaart in bou om aan ṅ gebroke wêreld te wys dat Jesus Leef!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar