ISBN: geen | Datum gepubliseer: 2014-11-28 | Illustreeder: Jana Swart | Uitgewer: Self
'n Prag geskenk om aan iemand te gee, of self te kry vir heerlike luistergenot. Voed jou siel met hierdie pragtige voordrag van Christelik-geinspireerde gedigte, sorgvuldig gekies uit twee gepubliseerde digbundels van Driekie Grobler en voorgedra deur Jana Swart.
deur Doret Johnstone-Robertson
In hierdie versameling verse is daar telkens verwysings na die natuur: die son, die maan, die sterre, blomme, seisoene; en ook na God - die bron van inspirasie, vrede en vreugde.