Winkel

ISBN: 978-1-928327-40-0 | Datum gepubliseer: 2015-08-01 | Illustreeder: 0 | Uitgewer: Groep 7 Uitgewers en Drukkers


My bundel dra ’n boodskap, as jy dit van voor tot agter lees. Die boodskap is dat maak nie saak hoe seer of swaar jy in die lewe kry - hoe donker alles om jou lyk nie, daar is altyd hoop. Volg net jou skoenlappers uit die donkerte uit. Soek God se Hand, Hy is altyd daar. Deur God, kan jy jouself uit die donkerte kry. Jy moet net wil. Die proses is lank en moeilik, maar jy is nie alleen nie. Aanvaar hulp. Aanvaar liefde. Weet jy is goed genoeg, want jy is God se kind.

Stukkies van my is in die bundel, soos daar stukkies van my in elke gedig is. Soos daar seker stukkies van elke digter in elke gedig is ... maar ek het onlangs raak gelees dat ’n gedig nie aan die digter hoort nie, maar aan dit wat hom/haar geïnspireer het om dit te skryf. Ek word geïnspireer deur die moontlikheid om ander te raak en te motiveer met my bundel. So my bundel behoort aan elke persoon wat dit lees en dit voel.
As dit nie vir Woes en die woes skryf woes projek was nie, sou ek nooit die stap geneem het om die proses te begin nie. Die proses om my eie digbundel self te publiseer. Die proses wat vir my natuurlik en sonder enige slaggate was.
’n Goeie vriend van my, Gustav, het my finaal oortuig om die projek aan te pak. Dit was sy: “Ek dink nie jy moet nie, ek WEET jy moet” , woorde, wat my oorreed het. Hy het ongelukkig ’n week voor ek my bundels ontvang het sy stryd met kanker verloor.




Arhoma Gedigte

deur Aná Niem

Ses verhalende gedigte voorgedra: Identiteit, Hierdie kind, Uiterste Wil, Alleen-vrou, Leer van sukses, Lobola. Hierdie CD is die ideale geskenk vir iemand met diepte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar