Winkel

ISBN: 978-1-928327-51-6 | Datum gepubliseer: 2015-09-18 | Illustreeder: Corina Becker | Uitgewer: Carma Shaw


KOPERMAAN tot SPIKKELPELIKAAN is Carma Shaw se debuut bundel. In hierdie bundel het sy gepoog om haar beste en gunsteling gedigte van die afgelope drie jaar bymekaar te bring.
Die gedigte dek 'n wyse verskeidenheid onderwerpe, maar dit is duidelik dat haar werk sterk beïnvloed word deur natuur en omgewing en ook deur mense se stories. Alhoewel dit nooit uitgespel word nie, staan die vrou en haar wese tog sentraal in meeste van hierdie gedigte.

Die bundel is verdeel in 3 afdelings:
Deel I ~ VIR 'N SPIKKELPELIKAAN
Algemeen, natuur en omgewing
Deel ll ~ DIE STORIES TUSSEN-IN
Gedigte wat mense se stories vertel, waarvan heelwat op die waarheid gebaseer is
Deel III ~ EN SOMS 'N KOPERMAAN
Handel grotendeels oor die hunkering en verlange binne 'n mens en ook oor die liefde.

Elke gedig in hierdie bundel is toeganklik vir almal en verstaanbaar. Die gedigte is aards en in doodgewone Afrikaans geskryf. Vanaf oulike rympies vir babas tot gedigte wat trane in grootmense se oë sal bring ~ dit is alles hierin vervat. Dis gevoelsgedigte waarmee enige persoon kan identifiseer en dis ook ~ terselfdertyd ~ 'n lekkerlees bundel.

Verdere inligting:
Buiteblad - 'n Pragtige, oorspronklike skildery deur Corina Becker




Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar