Winkel

Titel: Inge

ISBN: eISBN 978-0-620-65870-6 | Datum gepubliseer: 0000-00-00 | Illustreeder: 0 | Uitgewer: Racsmo Uitgewers


Inge Bergh vind op ʼn dag ʼn ander teenwoordigheid by haar spesiale wegsteekhoekie in die tuin. Dis haar fontein en haar plek waarheen sy kom om te droom, te lees en die stilte op te soek. Sy deel dit met niemand nie.
Wat kom soek die vreemd teruggetrokke André Grobler dan skielik hier in haar heiligdom? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry?
Die antwoord op hierdie vraag word vir hulle duidelik toe die stem van die stilte eindelik harder spreek as hul teenkanting teen mekaar. Eers toe hulle besef dat die antwoord waarvoor André in die stilte soek, reeds daar is, kom ook die besef dat die stem van die liefde die sagter een is, maar aanhoudend roep tot die hart die fluistering in die stilte herken.
Die liefde laat hom nie aanjaag nie, en laat hom nie uitsluit nie, al druk jy jou ore toe en al sluit jy jou oë daarteen.




Destined to Love

deur Rachelle du Bois

As she sat down on her suitcase, despair almost overwhelmed her. The events of the past week should have prepared her for something like this – this old house with this overgrown garden in this godforsaken little town in the eastern Free State of South Africa, which was left to her by a grandmother she had not known existed. But as she steadily began uncovering the secrets of her granny’s and her mother’s past, she found her destiny here, irrevocably linked to her smouldering neighbour, Julian du Toit. He'd made a promise to her grandmother that he fully intended to keep.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar