Winkel

Titel: Mari

ISBN: eISBN 978-0-620-61718-5 | Datum gepubliseer: 0000-00-00 | Illustreeder: 0 | Uitgewer: Racsmo Uitgewers


Die oomblik toe Dewald Bosman vir Mari Wolmarans sien, het die aarde vir hom anderkant toe begin draai en sy fondamente geskud. Hy het geweet hy wil met haar trou. Sy is die beeldskone suster van hul plaasbestuurder, Thinus, en die pyn uit haar verlede volg haar soos 'n nagmerrie. Waarvan en vir wie het sy gevlug met haar driejarige seuntjie, Dirkie? Dewald vra vir Mari om met hom te trou en sy stem in, maar dit sou slegs ’n huwelik in naam wees, tot sy anders besluit. Dewald is bereid om sy hart te waag op hierdie lieflike vrou, maar sal sy kan vergeet wat agter haar lê en hom liefkry soos hy vir haar en haar seuntjie?
Thinus raak verlief op Dewald se pragtige suster Deirdre, maar hy word weerhou daarvan om toe te gee aan sy liefde vir haar deur omstandighede buite sy beheer, of so dink hy. Intussen het Deirdre besluit Thinus is die man vir haar en werp alles in die stryd om die man van haar hart te wen. Sal Thinus sterk genoeg wees om die lieflike Deirdre en die stem van sy hart te ignoreer?




Plek van die Flaminke

deur Rachelle du Bois

Delia Kriel is mede-eienaar van die vakansieoord Zeesig. Haar eerste ontmoeting met Alex Vorster, haar sexy nuwe buurman, laat haar hare rys. Hy jaag haar kat die skrik op die lyf en hy jaag haar die harnas in. Kortom, hy pla haar, vreeslik, aanhoudend. Hy het haar rustige bestaan hier op Zeesig kom versteur en sy is vies, baie vies. Alex se broer, Xander, is die diep een, die stil musikant wat sy hart op Delia se vriendin, Madeleen, verloor het. Hy is koppig en hy weet wat hy wil hê, maar sy is versigtig vir die liefde, want net 'n donkie sal twee keer oor dieselfde klip struikel. En sy is nie 'n donkie nie. Hy is egter die ideale model vir haar beeldhouwerk en haar kunsuitstalling lê voor . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar