Winkel

ISBN: 9780981400273 | Datum gepubliseer: 2008-06-01


Wie is Bart ?
Bart is getroud met Lenie en hulle het 2 seuns, Japie en Otto. Hul bure is oom Kerneels en tannie Anita. Bart het op die platteland groot geword en skryf gereeld aan sy ma en begin sy briewe met die woorde “Liewe ma”. Hy het ʼn suster, maar die twee kom nie so goed oor te weg nie. Bart is nie ʼn ingewikkelde persoon nie, maar sê wat hy voel, dink en ervaar, net soos dit is. Bart is ‘n humoristiese analfabeet.
Bart is nie dom nie, ook nie geleerd nie, maar sukkel met skryfwerk en spelling, vandaar die spelfoute en die uitdrukkings wat in die briewe gebruik word. Hy is hardwerkend en nie iemand wat hom laat rondstoot deur ander of die lewe nie. Sy gereelde briewe aan sy ma is bedoel om met haar kontak te behou en ook om haar op hoogte te hou van wat in sy omgewing, die kerk, die skool, sy vriende en die werk gebeur.
Die karakter is nie bedoel om met enige iemand te spot nie, maar om in humoristiese taal en uitdrukkings, belewenisse en ervarings wat soms swaar op hom werk, sommer net ʼn lekker en ander baadjie aan te trek en die goeie en minder goeie ervarings op sy manier te verwoord – dan voel hy baie beter. Die lewe is baie ernstig en ook veeleisend en humor kan as ‘n terapie beskou word.
Bart is - ek en jy en die werklikheid van ons daaglikse lewe. Geniet sy wedervaringe.

Baie dankie aan my vrou Hannie, ons twee seuns, Eduan en Johan vir die ondersteuning en inspirasie. Dankie ook aan al die lesers wat so gereeld kommentaar lewer, ek waardeer dit en die kommentare was die inspirasie om die boek saam te stel.

Rico Kruger





Wanneer die vyeboombot

deur adnama

Gedigte uit die hart. Soms vir daardie blou dae en soms om mens net weer te laat dink oor die doel van die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar