ISBN: 9781920286224 | Datum gepubliseer: 0000-00-00
Bertha se Stories is 'n verhaal van 'n oorgewig Badprop wat sin in die lewe probeer maak. Op humoristiese wyse spreek sy situasies aan wat soms nie sosiaal aanvaarbaar is nie, maar wat menslik is. Sy praat soos die jongmense praat, sy kry seer, sy lag en op haar unieke manier leer sy mense om die lewe te geniet. Almal is geregtig om te bestaan, maar om te leer leef is van kardinale belang.
Dis Bertha Badprop in 'n neutedop. Uitsluitlik hier vir jou gebruik.