Winkel

Titel: BLIKeMMER

ISBN: 9780620431422 | Datum gepubliseer: 2009-03-01 | Illustreeder: Theuns McFarlan


" Nou die dag sit hierdie gewonemensleser met André Brink se Groot Verseboek 2000, moedeloos, soekend, sommer lam. Die gewonemensleser soek 'n liefdesgedig, 'n ordentlike een, volgens watter definisie ook al. Kry nie juis een nie.Weet nou nog nie waar gedigte van die oeroue, skone, tere, beskermende liefde wat ons as jongmense en ook as oumense geken het en ken, in Groot Verseboek weggesteek word nie. Almal wroeg, of is op vreemde sake ingestem. Almal sit met woede of verlies of sinisme.

Gewonemensleser wat drie dae gelede keelvol vir gedigte in Afrikaans. As slimwees ons dan van die lieflikheid van die liefde beroof, het gewonemensleser gedink, gee my asemskepkans.

Eerstens vind gewonemens-hopelik ordentlike leser, liefde daarin: liefde vir kleinkinders, vir 'n volwasse kind wat seergekry het, liefde vir 'n bejaarde eggenoot, liefde vir God, liefde vir die natuur, liefde vir die Taal, liefde in oorvloed. Het ek BLIKeMMER maar tot my beskikking gehad toe ek liefdesgedigte gesoek het! Want dan sou ek "Skryf vir my 'n Sprokie" opgeraap het.
En as ek seergekry het omdat ek liefgehad het, sou "Kleur?" daar vir my gewees het.
Wanneer ek iets vir my digter of kleindogter soek, iets wat vertel van die bloedband en van 'n liefde wat dieper as emosie lê, sou ek "So spesiaal soos jy" my eie gemaak en vir my dogter of kleindogter gegee het.

Hoe skraal is die oes aan geloofs (worsteling en -verklarings) gedigte in Afrikaans tog maar. Daarom het gewonemensleser gedigte soos "Diepte roep Diepte ingedrink.
Daarom ook het gewonemensleser "'n Vingerhoed vol See" weer en weer gelees en verstaan.

Deernis verdwyn maklik in akademiese korrektheid. En wanneer deernis verdwyn, word 'n leemte in die gees van mense wat in die werklike lewe leef, gelaat. Bevestiging van wat die gewone mens beleef, raak yl. In die lig van die sosiale en spirituele aanspreeklikheid en die verantwoordelikheid wat op talentvolle mense rus om talent ook aan die mensdom beskikbaar te stel tot die daarstelling van 'n genadiger en beter lewe vir minderbevoorregtes, het gewonemensleser gedige soos "Kunsmark" en "Bedelaarskind" met waardering in haarself opgeneem.

Wat 'n verrassing was die enkele Engelse gedig in hierdie bundel nie, "My heart the Wind" is 'n gedig wat deur die leser sing. Dit stel 'n standaard wat slegs bevrugtend op die gees van mededigters kan inwerk. Hierdie leser is so bly dat dit wel in die bundel opgeneem is.

'n Kwota opbouende kritiek moet daar seker ook wees, maar die is nogal nie te maklik om te vind nie. Hoofsaak sou wees wat Hennie Aucamp by geleentheid vir Gewonemensleser geskryf het. Hoe feller die emosie, hoe minder die woorde. Veral die bywoorde en byvoeglike naamwoorde. Gewonemensleser voeg verkleinwoorde hieraan toe.

En nou terug na die geheelindruk:

'n Sinvolle, inspirerende versameling gedigte deur 'n span digters met wyd uiteenlopende insigte, gawes en belangstellings. Die goue draad is egtheid en integriteit. Die goue draad is die waardigheid en die geloofskrag waaraan Afrikaanssprekende mense 'n diep behoefte het.

Mag hierdie bundel presies kry wat dit verdien - 'n positiewe ontvangs en 'n oes van vreugde en dankbaarheid."

(Maretha Maartens)




Ontdek die Siel in my

deur helna

Dis vir my 'n eer om my eerste digbundel te kon uitbring. aangesien ek 'n passie het vir die kunste is die omslag een van my eie werke! "Ontdek die Siel in my" het sover net positiewe kommentaar ontvang, kom deel asseblief hierin.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar