Winkel

Titel: Lucas

ISBN: 978-0620-43430-0 | Datum gepubliseer: 2009-03-15


Lucas word op ouderdom ses na Heidelberg toe gestuur om sy oupa te gaan help.
Sy kinderliefde Greet is dood en Essie word die liefde van sy jongmanstyd. Terwyl hy op kommando is, word Essie ’n slagoffer van die Britse konsentrasiekampe. Hy word gevange geneem en Indië toe gestuur om tot die einde van die oorlog in die kamp te sit. Eers daarna en tussen die gebrokenheid deur leer ken hy die meisie Albertha en beleef hy die Vrystaatse skoonheid.
Dis ’n verhaal oor werklike mense as gelowige slagoffers van die Anglo-Boere-oorlog. Die lyding in die kampe is waarskynlik nog nooit so presies en met soveel deernis beskryf nie. Ook bv. die afgryse van die vroue se treinrit na Standerton se kamp.
’n Literêre werk word eers universeel as dit uiters spesifiek is. Hierdie deeglik nagevorste feiteroman word lewend soos sy uitgelewerde mense omring deur vyandskap en verraad. Dis kontreigeskiedenis wat ook landsgeskiedenis is: die mense is óns mense. Met al die mistiek en bonatuurlikheid van ’n plattelandse bestaan. Met kinderlike sintuie waargeneem.




Lelani

deur Rachelle du Bois

Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar