Winkel

ISBN: 1-874977-22-4 | Datum gepubliseer: 0000-00-00 | Illustreeder: Marilene Nel


Dwarsdeur die wêreld is die Heilige Gees besig om op ‘n nuwe wyse in en rondom die Liggaam van Christus te werk. Ook hier tussen ons in Suid-Afrika beleef ons dit tans.

Die Here is besig om deur Sy Gees “nuwe wyn” in gewone Afrikaanse mense se lewens te maak.

Hierdie wyn is bekende waarhede wat die Here vars aan ons bedien wat deur die jare in bepaalde teologiese tradisies verwaarloos of verdraai is.

Die boek, WAARHEEN MET DIE NUWE WYN, wat in 2004 vir die tweede keer nuut gepubliseer is, is bedoel om ‘n bydrae te maak as deel van die gesprek rondom die Bybel wat tans onder veral Afrikaanssprekende gelowiges aan die gang is oor wat Christen-wees en kerk-van-Christus-wees beteken.

Na 14 jaar se bediening as predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk in twee gemeentes, en meer as 15 jaar se bediening in die breëre Liggaam van Jesus, bedien Christo Nel profeties Skrifwaarhede wat in sy eie lewe as Gereformeerde vars ingesny het. En daag hy weer die Gereformeerde wêreld uit om terug te reformeer na wat die Skrif werklik sê.

Die soort vrae wat hy aan die orde stel is die volgende:
• Wat is die hart van die Evangelieboodskap oor Jesus?
• Hoe het die vroeg-Christelike gemeentes daar in die begin mense toegevoeg tot die gemeente, en wat was die hart van hulle “gemeente-wees”
• Wat sê die Bybel werklik oor die doop?
• Wat sê die Bybel oor die Heilige Gees en Sy gawes,
• Is daar werklik ruimte vir die volle spektrum gawes van die Heilige Gees in die erediens en in die bediening van die gemeente?
• Is die salwing of doping met die Gees ‘n Bybelse waarheid?
• Hoe lei ‘n mens gelowiges om werklik mekaar met vrymoedigheid te bedien met die volle spektrum Geestesgawes?
• Is die huis- of sel-gemeentestruktuur nie ‘n meer effektiewe struktuur vir die bediening van gelowiges en die gemeenskap nie?
• Hoe hoor ek die stem van die Here in my lewe?

Hierdie boek kan bestel word van Christo Nel self teen R100 plus posgeld




ROEPSTEM

deur Charmain*

Charmain Potgieter besit die vermoë om ʼn leser gevange te neem in haar beeldryke digkuns. Haar woorde vorm en vloei gemaklik in mens se gedagtes met ʼn belofte om te bly. By die lees van haar gedigte staan ek telkens opnuut verwonderd oor haar wonderlike gawe wat sy met soveel passie oordra. Haar werk is in diepte verrykend en laat altyd stof tot nadenke en iets kosbaar om te bêre in die hart. Ek kan haar bundel met die grootste vrymoedigheid voor elkeen met ʼn liefde en koestering vir digkuns kom neersit. Karen van der Merwe



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar