ISBN: 978-0-9802625-0-6 | Datum gepubliseer: 2007-04-01
Maanvrug is ʼn sensuele en soms liriese boek wat die deur oopmaak na die donker binnekamer van seksuele fantasieë en liggaamlike avonture. Is die heldin immoreel of net eerliker as die res? Droom sy alleen of lê almal van ons een of ander tyd en rondrol in die greep van begeertes wat ons nooit met iemand sal deel nie?
Dié debuutroman speel af in die dun strokie speelveld wat as erotika geklassifiseer word. In Afrikaans. Want dit is tyd.
Eroties Afrikaans. Sodat ons in ons eie taal geprikkel kan word.
deur Doret Johnstone-Robertson
'n Digbundel. Grootliks in Afrikaans, maar bevat ook vyf van my gedigte wat ek in Engels vertaal het.