ISBN: 9780620454933 | Datum gepubliseer: 2010-04-08 | Illustreeder: Corne Venter
Ons huidige Christen Afrikaanssprekendes het ʼn ryke maar ook omstrede geskiedenis as erfenis ontvang. Uit ons voorgeslagte was mense wat die gru-ervarings van die Anglo-Boereoorlog en die Tweede Wêreldoorlog met sy anti-Semitiese komponent meegemaak het. Ons sukkel nog steeds om die nadraai van die apartheids- regime te midde van die huidige chaos te verwerk. Tesame met die toename in sekularisme het hierdie gebeure die gevolg dat ʼn groot aantal mede-Afrikaners hulle vertroue in ʼn Drie-Enige God verloor het. Negatiwiteit en uitsigloosheid het gevolglik toegeneem.
In hierdie digbundel met 46 gedigte word bogenoemde gebeure in herinnering geroep en terselfdertyd ware geloofsverhale en boodskappe van hoop en inspirasie meegedeel
deur Aná Niem
Ses verhalende gedigte voorgedra: Identiteit, Hierdie kind, Uiterste Wil, Alleen-vrou, Leer van sukses, Lobola. Hierdie CD is die ideale geskenk vir iemand met diepte.