Datum gepubliseer: 0000-00-00
Die wat my ken sal weet dat die jaar 2006, ‘n moeiliker jaar was as ander. Daarom dat dit my so lank geneem het om weer my hand en gedagtes saam te laat werk. Miskien is ek bang vir dit wat ek sal skryf, maar miskien sal dit ook genesing bring vir my. Die mis ‘n bietjie wegneem vir ‘n oomblik.
Gedagtes is tog juis die tyd wat jy diegene wat weg is kan terug bring.
Die naam van my bundel het ek ontvang een wonderlike aand wat ek na ‘n diens van Piet Smit gaan luister het. Sang het nog altyd my aandag getrek en gehou. En Piet het daardie aand vir my gesing. 06/08/2006 is die datum waarop ek besef het, ek het ‘n talent wat aan my gegee is om die Here se boodskap van Liefde en Hoop na ander uit te dra. Ek bid dat hierdie bundel juis dit vir jou sal doen. Al is dit een gedig dan is dit genoeg vir my.
MATTHEUS 24
Die koms van die Seun van die mens
Vers 32 En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is.
33 so weet julle ook, wanneer julle al hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur.
Ons almal weet dat hierdie woorde van Jesus baie jare gelede aan Sy dissipels gesê is, dus het daardie vyeboom lankal reeds gebot en moet ons, onsself elke dag gereed hou vir Sy Wederkoms op die wolke, want ons kan enige dag ons laaste asem uit blaas, en dan is ons kans verby.

Rubrieke
Gedigte
Woes-Nuus

deur natasha dutton
"...my issues is maar soos joune, my vrese gegrond op ervarings, dinge waarvoor jy ook bang is. Die enigste verskil is, ek is 'n stort mens, geen badprop wat my geparfumeerde water in toom kan hou nie. Die lewe is nie 'n bad vol foam bath nie, nee jong, so maklik is dit nie. Die poepwalms laat jou verstik, nie eers te praat van die vloeistowwe nie! Maar dis die lewe." Wel, nou weet jy wat om van hierdie boek te verwag...