Winkel

ISBN: 1 874977 22 4 | Datum gepubliseer: 0000-00-00 | Illustreeder: Marilene Dippenaar


Dwarsdeur die wêreld is die Heilige Gees besig om op ʼn nuwe wyse in en rondom die Liggaam van Christus te werk. Ook hier tussen ons in Suid-Afrika beleef ons dit tans. Die Here is besig om deur Sy Gees “nuwe wyn” in mense se lewens te maak. Hierdie wyn is bekende waarhede wat die Here vars aan ons bedien wat deur die jare in bepaalde teologiese tradisies verwaarloos of verdraai is.
Die boek, WAARHEEN MET DIE NUWE WYN, wat in 2004 vir die tweede keer nuut gepubliseer is, is bedoel om ʼn bydrae te maak as deel van die gesprek rondom die Bybel wat tans onder veral Afrikaanssprekende gelowiges aan die gang is oor wat Christen-wees en kerk-van-Christus-wees beteken.
Na 14 jaar se bediening as predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk in twee gemeentes, en 13 jaar se bediening in die breëre Liggaam van Jesus, bedien Christo Nel profeties Skrifwaarhede wat in sy eie lewe as Gereformeerde vars ingesny het. En daag hy weer die Gereformeerde wêreld uit om terug te reformeer na wat die Skrif werklik sê.




Skat van die Seerower

deur Rachelle du Bois

Dit is die jaar 1845. Twee jong vroue is op 'n belangrike sending per skip van Frankryk af na Engeland op pad. Een het ’n kosbare skat in haar besit wat veilig in Engeland besorg moet word. Dis egter nie so maklik nie, want hul skip, Du Vent, word deur twee Franse edelmanne onderskep in ’n poging om te keer dat die skat in Engeland beland, want dit is die eiendom van die Le Veque-familie. Die mans is vasbeslote om dit terug te neem na Chateau le Veque in Nantes, Frankryk. Sal die pragtige dames die sending suksesvol voltooi ten spyte van ʼn storm op see, ontvoering, misverstande, bedreigings en allerhande ander ontberings en noue ontkomings? Of gaan die twee Fransmanne sorg dat die skat terug besorg word waar dit hoort?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar