Winkel

ISBN: 978-0-620-47796-3 | Datum gepubliseer: 2010-11-01 | Illustreeder: Marilene Dippenaar


DIE STORIE AGTER DIE STORIE is ʼn Bybelse dagboek waarin Christo vir 175 dae saam met jou dwarsdeur die hele Nuwe Testament met al sy boeke van die een boek na die ander stap soos wat hulle histories verskyn het.

Christo skryf: Ek het myself al baie keer afgevra oor wat die “geheim” was van die vroeg-Christelike gemeentes wat gemaak het dat hulle binne 300 jaar die hele Romeinse Ryk met al sy dorpe, stede en plattelandse dele so effektief kon deursuur en bedien?

Om die geheim van die groei in die vroeg-Christelike gemeentes te verstaan moet ons die storie agter die Storie van Handelinge en die ander Nuwe Testamentiese briewe ontdek om werklik by ʼn antwoord op die vraag uit te kom.

Ek skryf doelbewus hierdie “Storie” van die Bybelse verhaal met ʼn hoofletter omdat dit nie ʼn gewone storie dié is nie. Dit is immers die Gees-geïnspireerde verhaal, en daarom Woord van die lewende God aan Sy mense, wat ek hier waag om oor te vertel in my eie woorde.

In my bediening oor die internet aan sowat 4000 Afrikaanssprekendes wêreldwyd het ek oor ʼn tydperk van meer as 3 jaar probeer om hierdie verhaal aan die hand van die boek Handelinge se gebeure en die res van die boeke van die Nuwe Testament te vertel.

Die boeke van die Nuwe Testament is natuurlik nie oorspronklik in dieselfde volgorde geskryf as wat ons dit in die Nuwe Testament het nie. Daarom probeer ek deurgaans deur die verhaal aan elke Nuwe Testamentiese brief of evangelie indringend aandag gee soos wat elkeen gedurende die historiese verloop van die verhaal oorspronklik geskryf is.

DIE STORIE AGTER DIE STORIE vertel ek vir jou oor 175 dae soos wat ons tree vir tree hierdie gebeure en storie na-stap.

Geniet dit saam met my. Drink saam met my slukkie vir slukkie van die “nuwe wyn” wat God se Gees hiermee aan ons elkeen wil bedien.

Die prys van die boek: R150.00 (Posgeld ekstra) Bestellings kan direk by my geplaas word. Epos my of bel my.




Sonstraalbeloftes

deur Doret Johnstone-Robertson

'n Digbundel. Grootliks in Afrikaans, maar bevat ook vyf van my gedigte wat ek in Engels vertaal het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar