Winkel

ISBN: 978-0-620-48201-1 | Datum gepubliseer: 2011-09-02 | Illustreeder: T. Goosen | Uitgewer: Wie Praat Nou? Boeke


Op die lange duur gaan ons meeste van die aspekte van die lewe bespreek waaroor almal soms wonder en dan redeneer dat daar òf geen antwoorde daarop bestaan nie, òf dat huidige antwoorde vaag, onvoldoende en uitgedateer is, òf dat die vra van sekere vrae taboe is. Wonder jy dalk soms:

* wat die oorspronklike betekenis (en uitleg/verklaring) van die Griekse woord vir "sonde" is?
* hoe die Wet van Vrye Wil werk?
* wat die verskil is tussen jou gees en siel?
* hoe die gees/siel/liggaam in onderling-verbinde Geheel werksaam is?
* wat die verskil is tussen die werkinge van jou brein en verstand?
* watter ander geestelike wette daar bestaan, buiten die tien gebooie?
* waarheen die siele van persone wat selfmoord gepleeg het, gaan? (Nie die hel nie, nee!)
* wat die mees effektiewe self-help tegnieke is?
* waarom sekere dinge wat jy NIE wil hê nie wel manifesteer?
* hoe die Skeppingsproses werk?
* hoe die Skepper die "Leegte" en alle ander hemelliggame geskep het?
* hoe die Val van wesens gebeur?
* hoe die wetenskap en godsdiens versoen kan word?

Indien wel, hallo en welkom liewe Medeskepper, kom leer meer van jouself en Self, jou lewensomstandighede, ander mense, die lewe in die algemeen, God, Sy Skepping, die werkinge daarvan en die interaksie tussen alle dinge.

Om ʼn gratis PDF dokument (24 bladsye wat uittreksels en die volledige indeks bevat) te ontvang, stuur gerus ʼn e-pos aan: wiepraatnouboeke@vodamail.co.za. Die boek kan ook direk bestel word deur (1) 'n e-pos aan lg. e-posadres te stuur OF (2) U kan dit deur Kalahari.com aanskaf. * Tik “Wie Praat Nou? Boek 1” in die soekblokkie in. * Kliek dan op enige van die boeknaam of -foto of die “Available new & used” frase. * Kliek daarna op “Gooi in die mandjie” en volg die prosedures.




picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar