Winkel

ISBN: 978-0-620-45126-0 | Datum gepubliseer: 0000-00-00 | Illustreeder: 0 | Uitgewer: Self/Skrywer


Hierdie boek vol verse bied hom nié as 'n "digbundel" aan nie. Hy bied hom ook nie as 'n "bloemlesing" van of "keur" uit my gedigte aan nie en kan en mag daarom nie formeel of informeel as enige van dié soort bundelings getakseer word nie.
Hierdie bundeling is inderdaad " 'n lewe in versvorm" – dit is outobiografies. 'n Drietal Engelse gedigte asook gedigte wat ek as "opdrag" geskryf het, is nie opgeneem nie.
Die grondtekste vir komponis Isak Roux se Stasies (mini-oratorium)en Coming Home (kantate), en Miskien die liefde ('n soort kabaret-/revueteks wat nie gebruik is nie) is dus ook nie opgeneem nie omdat dit opdragwerke was.
As bundeling van digsels (soms is dit darem inderdaad "gedigte") is dit digsels wat oorgebly het nadat ek in onderskeidelik in 1975 en 1990 al my manuskripte verbrand het (vgl. "Brandstapel" in my kortverhaalbundel Rangeerwerf, 2011). Die enkele ouer gedigte wat opgeneem is, het ek goedgunstig by mense gekry wat afskrifte het wat hulle destyds hoe ook al bekom het.
Daar kan in my NALN-versameling (en dalk by die Groot Kanonne en/of hulle keurders) nóg gedigte uit die jare voor 1990 wees; ek weet nie.
Of ek ooit by 'n M.A. Kreatiewe Skryfwerk gaan uitkom, weet ek ook nie, maar ek wil die lewe vir my net makliker maak indien ek by so 'n M.A., oor die literêre (outo=)biografie uitkom, en dus die skryf van my outobiografie. Dié outobiografie/memoires sal ek graag wil grond op slegs tekste deur en oor my en dit waarna sulke tekste biografies verwys. Daar gaan dus 'n soort "akademiese" komponent wees met die verwysings na verifieerbare inligting. Dit gaan nie slegs 'n geheue-oefening wees nie.
Noem die boek dus maar my versmemoires, as dit opsluit iets genoem moet word.

Johann P. Boshoff
2011-07-06




Plek van die Flaminke

deur Rachelle du Bois

Delia Kriel is mede-eienaar van die vakansieoord Zeesig. Haar eerste ontmoeting met Alex Vorster, haar sexy nuwe buurman, laat haar hare rys. Hy jaag haar kat die skrik op die lyf en hy jaag haar die harnas in. Kortom, hy pla haar, vreeslik, aanhoudend. Hy het haar rustige bestaan hier op Zeesig kom versteur en sy is vies, baie vies. Alex se broer, Xander, is die diep een, die stil musikant wat sy hart op Delia se vriendin, Madeleen, verloor het. Hy is koppig en hy weet wat hy wil hê, maar sy is versigtig vir die liefde, want net 'n donkie sal twee keer oor dieselfde klip struikel. En sy is nie 'n donkie nie. Hy is egter die ideale model vir haar beeldhouwerk en haar kunsuitstalling lê voor . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar