Winkel

ISBN: 978-0-620-37810-9 | Datum gepubliseer: 0000-00-00 | Illustreeder: 0 | Uitgewer: Self/Skrywer


"In Dag van die bloeisel sluit Boshoff aan by 'n verhaaltradisie waarin die oorsteek van die drumpel tot vryheid en verlossing lei. Die moderne samelewing word in hierdie onthullende kort roman oopgevlek om die onderliggende swere bloot te lê waaraan ons gemeenskap mank gaan: die doofpot waarin gay-wees jare lank gedompel was met al die gepaardgaande skaamte- en skuldgevoelens, dwelmgebruik, skeefgetrekte verhoudings en disfunksionele ouerhuise. Dag van die bloeisel is op 'n manier ontstemmend sonder om ontstellend te wees. Die roman het my meegesleur deur die tegniese vaardigheid van die skrywer waarmee hy die lewensasem blaas in 'n tienerdrama-in-die-kleine wat elke moderne Suid-Afrikaner aangaan." --
Dr. Marlies Taljard, Senior Lektor, Skool vir Tale, Noordwes-Universiteit (Potchefstroom)




Die legkaart van ons lewe

deur hopeanointed

Jare se ervarings van diepe seer het ons geleer dat ons lewe ṅ legkaart is in God se hand wat Hy spesiaal uitgesoek het deur Sy liefde en genade om te voltooi. ṅ Legkaart, kosbaar en uniek waarvan elke stukkie sorgvuldig met tyd en geduld uitgesoek word om presies in plek te pas. ṅ Legkaart in bou om aan ṅ gebroke wêreld te wys dat Jesus Leef!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar