Winkel

ISBN: 978-1-86815-809-6 | Datum gepubliseer: 0000-00-00 | Illustreeder: 0 | Uitgewer: AKTUAPERS


Magsmisbruik, seksmisbruik, bedrog en moord – so noem die mediamense dit. Mense wat sulke dinge doen, moet gewis deur die regstelsel aan die man gebring word en gestraf word, sê Jan en San Publiek. Hulle is andersins 'n gevaar vir die samelewing.
Sonde, sonde, sonde en sonde – só noem gelowiges dit. Mense wat sulke sonde pleeg, moet gewis deur die Heilige Gees daarvan oortuig word en tot bekering gebring word, sê die Christen. Hulle is andersins reguit op pad hel toe.
Toe nie. Ons praat hier van jong koning Dawid, en hy het 'n intiem-persoonlike verhouding met die Here gehad en die Here se uitgesproke guns geniet.
Wat veroorsaak dat enige diepgelowige mens steeds sonde pleeg?
"Met my gees, met my gemoed, dien ek die wet van God, maar in my doen en late, in my vlees, die wet van die sonde," bely Paulus dit in Romeine 7:25b teenoor die gemeente in Rome. En Paulus is 'n wedergeborene in Christus wat kragtig deur die Here Jesus in sý koninkryk gebruik is toe hy hierdie woorde geskryf het.
Erken dit maar: Dit is elke gelowige se grootste tweestryd op aarde – tussen tegelykertyd volledig Christen wees én volledig méns wees. En hierdie stryd hou in hierdie lewe eers op wanneer die gelowige tot sterwe kom.
In Volledig Christen, volledig méns lei die skrywer die leser tot groter begrip vir hierdie algemene geloofsdilemma deur veral te kyk na Psalm 51, 'n Dawid-psalm. Dié psalm het koning Dawid geskryf nadat God die profeet Natan gebruik het om koning Dawid se sonde-fiasko met Batseba aan die kaak te stel.




VOLLEDIG CHRISTEN, VOLLEDIG MéNS

deur Johann P. Boshoff

"We need to rediscover ourselves as full human beings and discover that it is precisely as full human beings that God wants us to come to him. His salvation, his love, his mercy are designed for full human beings, not for theological or religious creatures who have stifled their humanity or repressed their deepest emotions. We ought to be fully human and unashamed of our humanity ... as we approach the God who made us that way and is waiting for us to come to him in that way. Jesus himself approached God in that way and communicated with his whole heart in prayer to the Father. (Hebrews 4:15-16 and 5:7) The Spirit is imparting to our heart the faith and desire to approach God." ■ Ralph Martin in Hungry for God (1974)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar