Winkel

ISBN: 978-0-9870258-5-2 | Datum gepubliseer: 2012-05-15 | Illustreeder: Helna van Rooyen | Uitgewer: Nic Oosthuizen van Numasa


"Ontdek die siel in my" is my eerste uitgawe en hierin kom al my werke van die laaste 6 maande voor plus so bietjie ekstra wat tot lekker verrassings lei. dis opgedeel in verskillende hoofstukke, Algemeen, sy deel in ander se leed, sys trots op haar geskiedenis, en natuurlik die romantiese sy van my. Dit beloof om jou te boei van begin tot einde. die omslag is self een van my eie skilderwerk en sluit dan ook af met my gedig ek wens ek was 'n boom......




Plek van die Flaminke

deur Rachelle du Bois

Delia Kriel is mede-eienaar van die vakansieoord Zeesig. Haar eerste ontmoeting met Alex Vorster, haar sexy nuwe buurman, laat haar hare rys. Hy jaag haar kat die skrik op die lyf en hy jaag haar die harnas in. Kortom, hy pla haar, vreeslik, aanhoudend. Hy het haar rustige bestaan hier op Zeesig kom versteur en sy is vies, baie vies. Alex se broer, Xander, is die diep een, die stil musikant wat sy hart op Delia se vriendin, Madeleen, verloor het. Hy is koppig en hy weet wat hy wil hê, maar sy is versigtig vir die liefde, want net 'n donkie sal twee keer oor dieselfde klip struikel. En sy is nie 'n donkie nie. Hy is egter die ideale model vir haar beeldhouwerk en haar kunsuitstalling lê voor . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar