Winkel

ISBN: 978-0-620-54075-9 | Datum gepubliseer: 2012-07-17 | Illustreeder: 0 | Uitgewer: Elaine Loubser


Daar sien ek myself sit. Twee en veertig jaar oud. Verlate en alleen. Walglik dronk, met net die kouse aan my voete. Dit was koud. Lank na middernag. My lewe, ‘n totale gemors.

Ek sien hierdie hopelose bondeltjie mens wat alles wat goed en mooi in haar lewe was, weggegooi en vertrap het. Terwyl die snikke deur my liggaam ruk, Hoor ek my ma se stem “Elaine, as jy nie ophou drink nie, sal jy laer daal as ‘vis-bollie’ op die seebodem. Jy sal soos jou pa word. Hy het ook as jongmens gedink dis groot pret om so dronk te word.” Ek besef dat dit presies is waar ek my nou bevind. My lewe in die varkhok!
Ek hoor weer André se “ Elaine you are an alcoholic.” My kind se “hierdie díng wat hier voor my staan, is nie my ma nie. Sy is ‘n alkoholis. Ek soek my ma terug!”

Ek hoor myself sê “waar wil jy opeindig? Wil jy op ‘n straathoek gaan staan en jou liggaam verkoop vir jou volgende dop? Kyk waar is jy nou! Kyk hoe lyk jy! Of wil jy eendag rêrig met jou bike van Herolds Hights gaan af ry?” (Ek het dit al so baie oorweeg wanneer die dipressie my pak en ek nie meer die lewe in die oë kon kyk nie.) “Jy het niemand anders om te blameer nie. Hoeveel waarskuwings wil jy nog he? Wat gaan van jou word? Jy het dit alles oor jouself gebring.

Ek dink aan die kruisies op die almenak. Die oop dae word al hoe minder. Die laaste paar maande is daar maar net drie nugter dae na mekaar.

Ek is moeg. Lewensmoeg. Moedeloos. Moeg ge-baklei. Moeg gesukkel. Moeg vir die dipressie. Ek wil nie meer so aangaan nie.

Skielik weet ek verseker. Vannaand moet ek omdraai. Ek moet hulp kry. Ek staan op en sluip huistoe. Gaan paas uit op die bank. Terwyl ek wegsink in my dronk-slaap, weet ek dat ek my laaste dop gehaad het. Nooit weer sal ek drink nie.

Die volgende oggend, toe die dag breek, skrik ek wakker en bid. Here waarheen nou? Vir wie moet ek vra om te help? Ek skryf die moeilikste sms ooit. I am an alcoholic. Please help?

As ek vandag terugkyk, is ek dankbaar vir daardie koue nag. My rock bottom. My omdraai nag. Dit was die eerste dag van die res van my lewe!




The Road to Eden

deur Rachelle du Bois

Once rich and still beautiful, Eve Vermont’s life was in tatters. She found a job as house manager with the wealthy and powerful Blythe family. She soon realised that the compelling Adam Blythe was determined to uncover the painful secret of her past. She was forced to accept that he wasn’t going to stop until he knew what brought her to Oak Manor but was she prepared to open up and allow him to know her as he intended? Or would she keep hiding from Adam and the world? Adam Blythe found a stylish, beautiful and mysterious woman in his home. As house manager. She was totally unsuitable for the job, and he felt compelled to find out more about her. And as he uncovered the layers of this incredible woman, his love for her grew and he knew he had to keep her at Oak Manor at all costs. But would she stay?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar