Winkel

Titel: Kodeks

ISBN: 9780620500302 | Datum gepubliseer: 2011-04-12 | Illustreeder: M. Slabbert | Uitgewer: Cordis Trust

Besonder diepgaande besinning en rypheid in dié debuutbundel
2011-07-06 13:32
Artikelopsies
Druk artikel e-pos artikel Deel
Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Rapport op
Jou selfoon

Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's
Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's

Charles Malan
Kodeks deur Nini Bennett. Uitgewer: Cordis Trust Publikasies. Prys: R80. Resensent: Charles Malan.

’n Kodeks is die oudste saamgebinde teks in boekvorm wat eers teen die sesde eeu die boekrol heeltemal vervang het.
Ook in dié debuutbundel kodeks is die gedigte ’n versameling tekste wat nie as ’n afgeronde “boek” aangebied word nie.

Dit is eerder ’n bewaarplek, ’n saambindplek in vyf afdelings. Die treffende omslagontwerp help met leidrade: mond/spraak en veral denke word deur ’n soort verband/kodeksverband met kodeks-/kodewoorde saamgebind, al maak dit nog nie sin nie.

Die afdelings bewerk ook geensins dadelik ’n sterk samehang nie. Die leser moet as speurder saamwerk om die verbande tussen gedigte, temas en (leit)motiewe raak te sien. Hulle is bepaald daar.

Nini Bennett het haar reeds as ’n bedrewe “boekemaker” in prosa bewys. Haar kortverhaalbundel Stoornis is in 2003 bekroon met die RAU-Mardene Marais-prys vir beste debuutwerk in Afrikaans. In 2008 wen sy die International Room to Read Children’s Book Competition (Afrikaans).

Haar digbundel is nie “goedvoel”-leesstof nie; inteendeel. Die oorheersende toonaard is somber, elegies, bepeinsend. Al is die bundel dun, verg dit intense meelewing en herlees.

Die verdigte betekenis word moeilik en langsaam vrygestel; die beloning is aansienlik.

Uiteindelik oorheers ’n byna ouwêreldse wysheid en empatie. Dit is eintlik bedoel vir lesers wat swaarkry en droefheid in eie klein kring ervaar het. Die oorheersende temas is aftakeling en verlies, in die intens aktuele ervaring van die hede of in herinneringsterugblikke.

Veral belangrik is die verhouding tussen ouer en kind, ook man en vrou, van vroeg tot aan die einde van ’n leeftyd.

Die eerste afdeling, “Indeks”, is slegs aanduiding vir ’n soektog/speurtog wat begin by die weduwee wat oor ’n lyksak buig en besef: “ek het geweet dieselfde digter / van die kodeks / is die God wat sy indeks bepaal”. Die droom as ’n soort ontvlugting of ontwyking begin oorneem en keer terug.

In “Vuurdoop” word die grens tussen afstandelike besinning en die verskrikking van die hede skokkend oorgesteek soos die spreker dit met haar eie moord ervaar.

Die ontstellende werklikheid van die geweldgeteisterde land word hierna uit die kollektiewe bewussyn feitelik en met name teruggebring: die moorde op Leigh Matthews en klein Sheldean, kapings…

(Dit is wel ’n vraag of die aktualiteitsverwysings goed vir die bundel is. Vandag se gruwelsensasie kan nie later deur name herleef nie.)

Die ergste van hierdie ervarings word verwoord in die gepas genaamde derde afdeling, “Mespunt”. Maar wat intussen die oorheersende tema van geleidelike en onvermybare verlies bepaal, is die stadige, meedoënlose aftakeling, soos met Alzheimer in die besonder. Dit is ook ’n aftakeling wat skakel met die intiemste verhoudings, soos tussen man en vrou. Dit behels wesenlik verraad van die liggaam en uiteindelik ook die gees.

In “Vlugtyd” kom religieuse temas as ’n transenderende faktor na vore. Selfs al is The Passion of the Christ ’n eietydse en weer gewelddadige stimulus, “… die leemte is terug / om Hom aan te raak, / Sy liggaam van Lig af te tas”.

In “Bod” openbaar ’n kaal winterboom die laaste troef in ’n kaartspel: “Emmanuel, die koning van harte”. In “Advent” volg die Lig dan triomfantelik op die duisternis.

Die slotafdeling, “Nuwe vuur”, is ’n ontroerende ode aan die siklus van kind-wees tot doodgaan, dood tot herlewing.

Deur ’n bril wat nie vir die kyker gemaak is nie, word die klein wonder van oorlewing en herlewing ook terugskouend magies ervaar.

Ten slotte, met die koms van die Koning op ’n pakdier, “… plant ek vir jou ’n Hosanna / ’n barokke roos met labirinte / en rokvalle / sterker as liefde en dood”.

Tussen afdelingmerkers deur is daar goeie klein kamees, soos “Motorwag” oor die oupa-motorwag wat eens ’n taalpraktisyn was. Of “Die vleesloses” waar die wasgoed in die wind soos zombies ’n gruwellewe van hul eie begin kry.

Vir ’n debuutbundel is hier besonder diepgaande besinning en rypheid. Maar, soos te dikwels by ’n debuut, ’n oordaad woorde en metafore. Verse kan meestal soos in die laaste deel meer gestroop word. Metafore moenie so verleidelik wees dat hulle gretig opgeraap word nie.

Bennett het haar spore met dié bundel ook as digter verdien. As ’n mens so kan omdig, verdig, verbanddig, is jy inderdaad ’n digter.

* Charles Malan is ’n skrywer en letterkundige.

Nini Bennett

e-pos artikel Druk artikel KRY RAPPORT OP: Jou selfoon

e-pos artikel Druk artikel KRY

RAPPORT OP: Jou selfoon

Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag ~ Anze Bezuidenhout

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar