Winkel

Titel: Maalkolk

ISBN: e-ISBN: 9780620584807 | Datum gepubliseer: 0000-00-00 | Illustreeder: 0 | Uitgewer: Racsmo Uitgewers | Formaat: 0


Adele Coetzee will nie vir Francois Bekker as nuwe plaasbestuurder op Goedgeloofd hê nie. Sy kan self hul familieplaas bestuur. Francois is ‘n indringer en hoort nie op die plaas nie. Sy vertrou hom nie, maar Francois besluit dat hierdie tierwyfie getem moet word. Deon Kelder woon op die buurplaas Goedehoop en hy is verlief op die misterieuse nuwe onderwyseres by die plaaslike laerskool, Madri Viljoen. Waarvoor het die hoogsbegaafde Madri gevlug en wat kom maak sy hier op Heidelberg? Hy wil haar hê, maar dis toe nie so maklik nie, want haar pynlike verlede kom staan soos ‘n skim tussen hulle. En wie is Alex ….?


Lees meer


Titel: Die Lied van Lorelei

ISBN: e-ISBN 9780620594608 | Datum gepubliseer: 0000-00-00 | Illustreeder: 0 | Uitgewer: Racsmo Uitgewers | Formaat: 0


Mikrobioloog Talana de Waal keer na haar familie se sitrusplaas in die Laeveld terug om navorsing te doen. Sy bring haar vriendin en kollega, Dr Lerina Keyser saam. Alles gaan voor die wind tot haar kleinboet en sy vriend besluit hul ouer broers, Marius en Armand se liefdeslewe het 'n hupstoot nodig. Die misverstand wat volg het katastrofiese gevolge. Die vreeslike flater laat die wraak van die meisiekinders vlamvat. Tot die bye swyg en die swartvlieë hou op eiers lê . . .


Lees meer


Titel: Lelani

ISBN: eISBN 978-0-620-61719-2 | Datum gepubliseer: 0000-00-00 | Illustreeder: 0 | Uitgewer: Racsmo Uitgewers | Formaat: 0


Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?


Lees meer


Titel: Inge

ISBN: eISBN 978-0-620-65870-6 | Datum gepubliseer: 0000-00-00 | Illustreeder: 0 | Uitgewer: Racsmo Uitgewers | Formaat: 0


Inge Bergh is ‘n suksesvolle sakevrou. Sy besit en bestuur haar eie teetuin in die Bergh Kwekery. Sy is gelukkig en tevrede solank sy net genoeg tyd kry om te verdwyn na haar spesiale hoekie by die fontein. Tot haar skok en ontnugtering vind sy een aand iemand anders daar. By haar plek. Wat soek die stil en teruggetrokke buurman, André Grobler, snags in hulle tuin by haar fontein? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Sal sy ooit verstaan wat dit is wat hom dryf? Sal sy kan verklaar hoekom sy aan die bewe gaan by die blote gedagte aan die aantreklike man met die versluierde oë?


Lees meer


Titel: KOPERMAAN tot SPIKKELPELIKAAN

ISBN: 978-1-928327-51-6 | Datum gepubliseer: 2015-09-18 | Illustreeder: Corina Becker | Uitgewer: Carma Shaw | Formaat: A5


Hierdie bundel bevat 80 oorspronklike gedigte wat vir enige leser toeganklik sal wees. Dit is gedigte waarmee mense kan identifiseer. Dit sal jou nie onaangeraak laat nie. Natuur, omgewing en bloot net ménswees kom baie sterk hierin na vore.


Lees meer


Titel: Volg net die Skoenlappers

ISBN: 978-1-928327-40-0 | Datum gepubliseer: 2015-08-01 | Illustreeder: 0 | Uitgewer: Groep 7 Uitgewers en Drukkers | Formaat: 0


Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.


Lees meer


Titel: Dubio

ISBN: 978-1-928327-25-7 | Datum gepubliseer: 2015-07-00 | Illustreeder: Casper du Plessis | Uitgewer: Casper du Plessis | Formaat: A5


Emosies op papier vasgevang.


Lees meer


Titel: Gister se Onthou

ISBN: 978-1-928327-47-9 | Datum gepubliseer: 2015-09-01 | Illustreeder: Foto: Desiréé | Uitgewer: Desiréé | Formaat: Sagteband


ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart


Lees meer


Titel: Dubio

ISBN: 978-1-928327-25-7 | Datum gepubliseer: 2015-07-00 | Illustreeder: Casper du Plessis | Uitgewer: Casper du Plessis | Formaat: A5


Emosies op papier vasgevang.


Lees meer


Titel: Vir vanaand sal ek net jou hand vashou

ISBN: 978-1-928327-50-9 | Datum gepubliseer: 0000-00-00 | Illustreeder: Foto: Zymrly | Uitgewer: Zymrly | Formaat: 0


Gedigte saamgevat oor die seer van die lewe. 'n Handvol emosies wat aan die hart raak omdat die tonele, gedagtes en emosies deel is van elke dag se lewe


Lees meer


 < 1 2 3 4 5 6 7 8 >  Kies vir my  21 22 Laaste ›

BEGRAFNIS OF VERASSING - Wat se die Skrif daarvan?

deur Spannie

Hierdie baie kontroversiele vraag van ons tyd rakende die hantering van die menslike liggaam na afsterwe word onomwonde en baie duidelik aan hand van die Skrif en geskiedkundige bronne uiteengesit in hierdie volledige studiestuk. Liggaamsverbranding is baie duidelik 'n suiwer heidense gebruik en streng verbied in die Woord. Vloeiend geskryf, met baie interessante gegewens uit die geskiedenis van ons tyd is hierdie 'n boek wat mens moeilik neersit na jy begin lees het. 'n Moet vir elke ernstige gelowige van ons tyd.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar