ISBN: 1 874977 22 4 | Datum gepubliseer: 0000-00-00 | Illustreeder: Marilene Dippenaar | Formaat: Gedruk
Dr Christo Nel skryf hier oor die nuwe wyn-waarhede in die Bybel wat sy en ander se lewens verander het.
Datum gepubliseer: 0000-00-00 | Formaat: A5
Op aandrang is die gedigte van Vesting wat op Woes gepubliseer is, in boekvorm uitgegee (A5, slapband, 28 pp). Navrae: 072 4078561
Datum gepubliseer: 0000-00-00 | Illustreeder: Christo Nel
Wat Joyce Meyer gedoen het in Engels, doen Christo Nel nou in Afrikaans! Hier voor jou het jy iets unieks in Afrikaans. Leer om in Jesus se Naam mense te bedien, met behulp van die Alles-in-een- Potpouri-toerustingspakket uit die Nuwe Wyn-kelder!
ISBN: 9780620454933 | Datum gepubliseer: 2010-04-08 | Illustreeder: Corne Venter | Formaat: A5
'n Geestelike digbundel met 46 Gedigte wat begin by sosiale kommentaar oor die euwels in ons samelewing en dan oorgaan na storiegedigte gebaseer op ware verhale van gebedsverhoring.
ISBN: 978-0-9802625-3-7 | Datum gepubliseer: 0000-00-00
Annelise, die skrywer van Maanvrug, is terug. Ná haar eksoties-metafisiese reis deur die hiernamaals in Weerloos speel slavin weer in die bekende wêreld van hedendaagse Suid-Afrika af. slavin bevraagteken die definisie van normale seks en die aanvaarde sienings oor seksualiteit. Dit streel en verlei, daag uit en wonder. slavin is weereens net vir volwassenes. Eroties Afrikaans.
ISBN: 978-0-9802625-1-3 | Datum gepubliseer: 2008-02-01
ISBN: 978-0-9802625-0-6 | Datum gepubliseer: 2007-04-01
Datum gepubliseer: 2009-12-10
Hierdie baie kontroversiele vraag van ons tyd rakende die hantering van die menslike liggaam na afsterwe word onomwonde en baie duidelik aan hand van die Skrif en geskiedkundige bronne uiteengesit in hierdie volledige studiestuk. Liggaamsverbranding is baie duidelik 'n suiwer heidense gebruik en streng verbied in die Woord. Vloeiend geskryf, met baie interessante gegewens uit die geskiedenis van ons tyd is hierdie 'n boek wat mens moeilik neersit na jy begin lees het. 'n Moet vir elke ernstige gelowige van ons tyd.
ISBN: 978-0-620-45155-0 | Datum gepubliseer: 0000-00-00 | Illustreeder: Adanda Swart | Formaat: Sagteband
ISBN: 978-0-620-40229- | Datum gepubliseer: 0000-00-00
Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.
deur Nini Bennett
Nadat nini Bennett bekroon is as kortverhaalskrywer (RAU-Mardene Marais Prys) en as jeugverhaalskrywer (The International Room to Read Children's Book Competition), debuteer sy met 'n digbundel, Kodeks. Sy was een van die vyf debutante wat genooi is om die Versindaba-fees te Stellenbosch (2011) by te woon. Veral die literator Charles Malan het die bundel hoog aangeskryf.