Winkel

Titel: Die Besoeking

Datum gepubliseer: 0000-00-00 | Formaat: e-boek of A-4 druk


DIE BESOEKING handel oor 'n Gideonsbende wat die plaasmoorde begin wreek. Hul sukses is verstommend! Gou staan Koos Gerade bekend as die Bloedwreker en sy manskappe as 'die hel.'


Lees meer


Titel: Arhoma Gedigte

Datum gepubliseer: 0000-00-00 | Formaat: CD


Ses verhalende gedigte voorgedra: Identiteit, Hierdie kind, Uiterste Wil, Alleen-vrou, Leer van sukses, Lobola. Hierdie CD is die ideale geskenk vir iemand met diepte.


Lees meer


Titel: Weerkaatsing van my hart

ISBN: 978-1920286-96-5 | Datum gepubliseer: 2009-08-01 | Formaat: Sagte band


'n Mens se hart gaan deur seisoene, net soos 'n mens dit elke dag buite ervaar. Een dag is dit somer, die volgende dalk winter. 'n Storm en miskien dan weer 'n sonskyndag. Almal het van tyd tot tyd nodig om jou hart oop te breek, die gevoelns en emosies vry te laat en te ontleed; en dan ... gevul te word met die bevryding en aanvaarding van omstandighede en situasies in jou lewe.


Lees meer


Titel: Katarsis

ISBN: 978-0-620-43282-5 | Datum gepubliseer: 2009-05-12 | Illustreeder: Chenél Pieterse-Boyle | Formaat: Sagteband, gelym


Katarsis, ’n versameling gedigte deur 3 skrywers, tribalmoon, Berg en Chenél Pieterse-Boyle in Afrikaans, bevat ’n uiteenlopende versameling gedigte wat ’n ryk diversiteit van temas en denke byeenbring.


Lees meer


Titel: Lucas

ISBN: 978-0620-43430-0 | Datum gepubliseer: 2009-03-15


Lucas word op ouderdom ses na Heidelberg toe gestuur om sy oupa te gaan help. Sy kinderliefde Greet is dood en Essie word die liefde van sy jongmanstyd. Terwyl hy op kommando is, word Essie ’n slagoffer van die Britse konsentrasiekampe. Hy word gevange geneem en Indië toe gestuur om tot die einde van die oorlog in die kamp te sit. Eers daarna en tussen die gebrokenheid deur leer ken hy die meisie Albertha en beleef hy die Vrystaatse skoonheid.


Lees meer


Titel: BLIKeMMER

ISBN: 9780620431422 | Datum gepubliseer: 2009-03-01 | Illustreeder: Theuns McFarlan


"...BLIKeMMER is 'n keur van die beste gedigte van dertien opwindende digters wat skryf oor alledaagse dinge: drome en sprokies, verspeelde tyd en vrese, liefde en diepgewortelde smart, donkerdae en kindergeloof, gebede en godloosheid, omgeeflenters en somergeniet, introspeksie en nostalgie, migraine en stilte, genade en worsteling, selfs Lifebuoy en 'n huis in Vergeetstraat. 'n Bundel wat geniet en waardeer sal word deur die letterkundige, die filosoof asook die doodgewone mens op straat. Geniet dit!" (Lynette Beer: Inspirasie Spreker)


Lees meer


Titel: Bertha se Stories

ISBN: 9781920286224 | Datum gepubliseer: 0000-00-00


"...my issues is maar soos joune, my vrese gegrond op ervarings, dinge waarvoor jy ook bang is. Die enigste verskil is, ek is 'n stort mens, geen badprop wat my geparfumeerde water in toom kan hou nie. Die lewe is nie 'n bad vol foam bath nie, nee jong, so maklik is dit nie. Die poepwalms laat jou verstik, nie eers te praat van die vloeistowwe nie! Maar dis die lewe." Wel, nou weet jy wat om van hierdie boek te verwag...


Lees meer


Titel: beloftes

ISBN: 9781920201135 | Datum gepubliseer: 0000-00-00 | Formaat: Sagte Band


'n Briewe roman oor die verlore, verbode liefde van 'n jong meisie...


Lees meer


Titel: DVD-reeks, HOE HOOR EK DIE HERE SE STEM

ISBN: 978 062 040 606 2 | Datum gepubliseer: 2008-08-01 | Illustreeder: Marilene Nel | Formaat: DVD-kassie met 3 DVD's


Hoe hoor ek die Here se stem? Soveel gelowiges vra gedurig: Maar hoe hoor ek die Here se stem in my lewe? In hiedie DVD-toerustingskursus gebruik Christo Nel 9 sessies om verskillende fasette van die antwoord op hierdie vraag vir gelowiges te belig.


Lees meer


Titel: Grafte op die Berg

ISBN: 978-1-920286-26-2 | Datum gepubliseer: 0000-00-00 | Illustreeder: Skedeltoring Media | Formaat: Sagteband


Prosigma, dagboek van 'n paranoiese skisofreen


Lees meer


‹ Eerste  < 15 16 17 18 19 20 21 22 23 >  Kies vir my 

Kruispad

deur Manie Jackson

Toe Luzette en Manie se paaie gekruis het, en die lewe daarna.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar