Dankie vir julle almal se ondersteuning en vriendskap! Ek lys nie al julle name op die blad nie - julle weet wie julle is. Julle kommentare en eposse is vir my 'n inspirasie!
Ongeveer 30 van my gedigte is te lees onder die afdeling "Fragmente" in 'n bundel wat in 2008 in samewerking met ander digters saamgestel is. 'n Tweede opvolgbundel het in Augustus 2009 verskyn, waarin ongeveer 20 van my werke te lees is.
Die bundels se name is onderskeidelik:
BOKSEMDAIS: 'N HELE KABUNDEL VERSE
BOKSEMDAIS 2: NOG 'N KABUNDEL VERSE
Meer inligting is te kry by:
http://www.digklub.co.za
en navrae kan gerig word aan
digklub@gmail.com
My eie bundel met 75 gedigte het ook in 2008 die lig gesien. Dit is 'n mini-bundeltjie met kort en bondige gedigte. Die titel daarvan is "Kortweg".
Bestellings kan geplaas word by: http://www.myboekrak.co.za