| Kwelvrae | Wat is Woes? | Adverteer | Publiseer jou skryfwerk | Registreer | Teken In





Skrywers : Willem Woes



0-9 - A - B - C - D - E - F - G - H - I - J - K -
L - M - N - O - P - Q - R - S - T - U - V - W -
X - Y - Z

Willem Woes



E-pos die skrywer
E-pos my as hierdie skrywer werk instuur
43 mense volg hierdie skrywer se werk

Lid vir 4 jaar 3 weke 1 dag 4 ure

Meer fotos van Willem Woes


Lees meer oor Willem Woes

Ek is die skepper van Woes.co.za en ek het nie gedink dit gaan so groot word nie. Omdat ek ‘n kreatiewe mens is weet ek hoe moeilik is dit om ‘n plek te kry waar jy jouself kan uitleef. Wat help kreatiwiteit as dit nie in aksie oorgeskakel kan word nie. Dit is wat Woes vir duisende skrywers tans doen.

Ek het ook nie gedink dit is iets wat ek gaan doen vir ‘n lewe nie.  Ek lag altyd vir mense as hulle vra wat ek doen en dan antwoord ek: “Ek doen alles wat my hart wil doen en my hoof bron van inkomste kom uit Afrikaans op die Internet”.

Eerstens kan jy jaloesie op hulle gesigte sien omdat hulle ook graag hulle harte wil volg maar vir een of ander rede dit nie doen nie. Op die tweede deel van die antwoord kom daar baie ongeloofwaardige vrae oor hoe dit moontlik is ens. En al wat ek kan antwoord is dat ek net aanhou en aanhou het omdat ek glo in wat ek doen en omdat ek weet hoe ek my lewe wil lei. Ek is nou al agt jaar besig met Woes alhoewel die weergawe wat julle nou sien net 3 jaar oud is. Dit was moeilik gewees moet ek erken, ek het op stadiums baie harde bene gekou deur by mense te kuier as dit “toevallig” tyd vir ete is. Of die dag wat ‘n kliënt ‘n tjek reg het vir my maar dan het ek nie geld om petrol in my kar te gooi om dit te gaan haal nie. Ek skuif na die later deel van 30 en maak nou eers wins uit my idees. Baie mense frons op my sosiale en geldelike posisie in die lewe maar ek is gelukkig want ek weet daar lê ‘n baie blink toekoms vir my voor en as ek dinge moes oordoen sou ek dit dieselfde gedoen het. Ek is baie trots op wat ek al in my lewe gedoen het en hoe ek dit gedoen het.

Ek het in Januarie 2008 besluit dat die doel van my lewe is om miljoene mense se lewens te verander in ‘n positiewe manier. Ek weet nog nie hoe ek dit gaan doen nie en wanneer ek dit sal regkry nie maar ek glo en bid daagliks daaroor. Ek glo dit gaan deur my mond wees aangesien ek daarvan hou om voor mense te praat. Ek het al klomp praatjies oor entrepreneurskap met groot groepe mense gedoen en ek geniet dit ongelooflik baie. As ek eendag kan praat en daarvoor betaal word sal ek baie gelukkig wees. Wat ek wel kan sê is dat ek dit klaar doen, ek verander klaar mense se lewens. Ek is geseënd in die hoeveelheid e-posse wat ek ontvang van mense wat my vertel op watse positiewe manier Woes hulle lewens aangeraak het. Sulke woorde gee waarlik betekenis aan my lewe en ek wil almal dank wat al sulke e-posse aan my gestuur het.

Ek lees baie en probeer elke dag ‘n redelike hoeveelheid te lees. Die boek wat my lewe die meeste gevorm het is “The purpose driven life” aangesien dit my weer terug na God toe geneem het. Dit is hoekom ek glo dat Woes maar net een instrument is wat God in my lewe gebruik om mense te help verander.

Ek het ‘n unieke manier om die lewe aan te pak en dit om elke jaar iets te doen wat my bang maak. Dit forseer jou om uit jou gemaksone te beweeg en so bewerkstellig dit persoonlikegroei.

Dinge wat ek al gedoen het is soos volg:

Ek het al twee Pendoring toekennings vir webwerf ontwerp gewen.

Fotoverhale in die Beeld koerant laat herleef.

'n Verhoogstuk vir my dertigste verjaardag geskryf en self opgevoer

Vryskut skryfwerk vir die Taalgenoot gedoen.

'n Musiekblyspel geskryf vir my 33'ste verjaardag en self opgevoer. Self liedjies geskryf en dit laat toonset.

Die Comrades maraton gehardloop deur net vir sewe weke te oefen. Dit was my tweede maraton en ek dit gedoen in 10:34.

Ek en my broer het die Cape-Epic bergfietsren gedoen. Jy ry met ‘n bergfiets van Knysna, deur die Klein-Karoo tot in Stellenbosch. Dit is oor 8 dae. Dit word die Tour de France van bergfietse genoem.

Hierdie jaar, 2008 het ek twee dinge gedoen. Myself heeltemal blootgelê en ontdek en het nog lank nie opgehou nie. Dit is wonderlik om jou donker dele na die lig te bring en dit dan te verbeter. Die ander ding is dat ek oorsee was. Ek was nog nooit oorsee nie en op die ouderdom van 36 is dit nie te laat nie. Ek het baie van mense geleer maar nog meer oor myself. Dit het my nederig gemaak deurdat ek agtergekom het dat as jy ‘n duur 4x4 en ‘n groot huis in ‘n golf landgoed besit en jy dink jy is die kat se snor, het jy ‘n groot les oppad.

Ek sien daarna uit om ‘n vrou en baie kinders te hê maar dit sal my pad kruis wanneer dit moet. Eers wanneer jy iets nie nodig het nie, dis wanneer jy dit sal ontvang.

Dankie dat jy Woes besoek en kontak my gerus met enige vrae oor die webwerf. Dit is waarom ek hier is.

My Woes vriende



Gunstelinge
Elf nuwe gebooie
Aan my liefste mamma
KITSGIDS TOT BEROEMDHEID
Bokkie.
Jy dra onwetend by
   Wys al 8 gunstelinge   Wys meer


Werk publiseer deur die skrywer

D = Werk saam met ander skrywer publiseer


Totale - Statistieke 1 uur oud
Totale werk publiseer: 286
Totaal gelees: 711,697
Totaal kommentaar: 743

* - Nuutste werk
Nuus deur die skrywer Klik hier vir hulp
Gala-aand: BESPREEK ASSEBLIEF! *
Woes Gala-aand
Finaliste dig kompetisie
Beoordelaars vir dig kompetisie
‘n Geseënde 2010
   Wys al 147 nuus   Wys meer

Artikels deur die skrywer Klik hier vir hulp
Woes-Kaap hier kom ons!

Kortverhale deur die skrywer Klik hier vir hulp
Huis op die hoek - Week 11
Huis op die hoek - Week 12
Huis op die hoek - Week 11
Peet se hartaanval

Gedigte deur die skrywer Klik hier vir hulp
My resep vir geluk
Oopmond luister jy na my
Ek spreek in tale D
Die menigte in my
Jy ry my senuwees
   Wys al 11 gedigte   Wys meer

Happies deur die skrywer Klik hier vir hulp
Potchefstroom stories: Sien julle dit ook raak?
Net voordat ek ry - Dag 5
Net voordat ek ry - Dag 4
Net voordat ek ry - Dag 3
Net voordat ek ry - Dag 2
   Wys al 117 happies   Wys meer


151 gebruikers aanlyn
24 lede aanlyn

Laaste werk in:
00:01:20
Wys alle nuwe werk

Teken In
E-pos adres:
Wagwoord:




Woes Gunstelinge
Goedkoop Versekering
Lewensversekering
GNN - Gebedsgroep
WoesBlog Forums
Persoonlike lenings
Konsolideer Skuld