0-9 -
A -
B -
C -
D -
E -
F -
G -
H -
I -
J -
K -
L -
M -
N -
O -
P -
Q -
R -
S -
T -
U -
V -
W -
X -
Y -
Z
Louis Basson
Lid vir 4 jaar 3 maande 2 weke 2 dae 20 ure Lees meer oor Louis Basson
Ek is op ‘n plaas in die Swartland gebore, maar het op ‘n plaas in die Groot Karoo groot geword. Dis daar waar my liefde vir die ganse Skepping diep in my binneste ingewortel is.
Ek is baie lief vir tale, maar het Afrikaans, my moedertaal, baie afgeskeep. Nie omdat ek doelbewus wou nie, maar omdat die meeste van my vriende in ander lande gewoon het. Dit was eers toe die regering begin het om Afrikaans na die kantlyn uit te skuif dat die pen in my hand in gespring het en gedigte op papier begin griffel het.
Die gedigte wat ek skryf, handel almal oor dinge wat ek in my lewe ervaar. Hulle kom uit die binnekamers van my hart en neem verskeie vorms aan op papier. Daar is geen vaste reëls nie.
Dit maak egter nie van my ‘n digter nie. Ek is maar net ‘n doodgewone man met ‘n pragtige vrou en twee ewe pragtige dogters. Hulle is onwetend in baie gevalle my inspirasie en ek dank hulle daarvoor.
Afrikaans is gedurende die Apartheidsjare lelik deur die jongmense van daardie tyd afgeskeep en daarom is dit vir my vandag wonderlik om te sien hoe die jongmense van vandag liedjies komponeer, artikels skryf, toneelstukke opvoer en gedigte uitborrel. Dit alles in Afrikaans.
Indien iemand my sou vra watter boodskap ek vir die jongmense het, sou dit hierdie een wees: Wees altyd jouself en wees trots op wie jy is, want jy is uniek. Daar is slegs een van jou. Lewe elke dag voluit, maar soek vir God in alles wat jy doen. Respekteer die Skepping met alle wesens daarin, want dit is baie broos.
Hoe meer mense besef dat Afrikaans ‘n boorling van Afrika is, hoe meer kunswerke sal daar in Afrikaans verskyn, want Afrika is ryk aan kuns en watter beter medium om dit in uit te bring as in Afrikaans.
Kommentaar, hetsy positief of negatief, oor my gedigte is baie welkom.
Sterkte met Woes.
My Woes vriende
|