Ek's Morné Ströh- gebore in Oudtshoorn, grootgeword in Muizenberg, Simonstad en Vanderbijlpark, woon tans in Pretoria en werk (ongelukkig!) in Jozi.
Ek skryf en dig al vir bykans ... 18 jaar, ek dink? So aan en af, julle weet? Afrikaanse skrywers kan mos nie 'n bestaan in SA maak nie, nie net op talent nie, so ek moet ongelukkig my tweede passie navolg, nl. kos! Vanselfsprekend het ek 'n profesionele sjef geword en is tans verbonde aan een van SA se voorste sjef skole waar ek jong mense ontwikkel in die meestersjefs van more. Vreeslike bevredigende werk!
Lees gerus my gedigte, en dies meer, en ek sal graag van u kritiek wou hoor. Di's aldus die enigste manier hoe ek myself kan verbeter! My gedigte is bietjie... anders. Ek hoop u vind dit toeganklik, en waardevol.