| Kwelvrae | Wat is Woes? | Adverteer | Publiseer jou skryfwerk | Registreer | Teken In





Skrywers : Nog 'n juffrou



0-9 - A - B - C - D - E - F - G - H - I - J - K -
L - M - N - O - P - Q - R - S - T - U - V - W -
X - Y - Z

Nog 'n juffrou



E-pos die skrywer
E-pos my as hierdie skrywer werk instuur
0 mense volg hierdie skrywer se werk

Lid vir 4 jaar 1 maand 2 weke 2 dae 14 ure

Lees meer oor Nog 'n juffrou

'n Paar jaar gelede het 'n predikantsvrou my die waarde van die stel van jou saak op papier op die harde manier laat besef.

Ek was rasend kwaad vir die hoof en wou net bedank. Ek wou hom by die distrik aangee en die saak met my unie bespreek. Sy voortrekkery van sekere personeel en oorbelading van ander (soos die uwe) het my menige male in trane gehad, maar ek was toe by breekpunt. Ek sou hom dagvaar vir pyn en lyding.

Gelukkig het ek met haar gepraat (sy was die vise-hoof). Sy het my gedwing om die naweek 'n brief aan hom te skryf en dit die Maandag eers vir haar te wys - maar ek mag dit vir niemand anders gewys het nie. Baie trots op my brief, wat 1000'e male geredigeer is totdat ek heeltemal tevrede was dat daar niks in staan wat in 'n hof teen my gebruik kan word nie, het ek die brief aan haar oorhandig. En haar woorde het my tot stilstand geskok: "Is jy tevrede met jou brief?" En toe ek baie opgewonde my kop skud: "Skeur dit op en vergeet daarvan."

Net so, vergeet dat ek die hele naweek aan die verdomde brief gewerk het? Nooit, ek sal nie! Maar die dag het sy gang gegaan en tussen die matrieks se eksamens deur was daar nie voor huis toegaantyd weer kans om aan die brief te dink nie. Toe ek dit die middag weer lees, lag ek vir myself. 'n Pot wind het my opgestres en amper my loopbaan verwoes. Wie is ek om teen weerlig te poep?

Soms vergeet ek en raak ek in 'n bekgeveg betrokke, maar die waarde van hierdie bladsy waar ek my gedagtes op skrif mag stel, het reeds bewys dat dit geen grense het nie. Ek voel bevry van alle kwade gevoelens. Die raakpunte met ander Woesgebruikers het reeds tot 'n paar e-posse gelei. Ek waardeer die briefies wat ek van mense, wat my gedagtes deel, kry.

Maar vir die ander wil ek net laat weet: Jammer as ek op jou tone trap as jy dit lees. Die eerste paar woorde van jou kwaai e-pos laat my vinger vinnig na die DELETE-knoppie gaan! En Voila, my vrede is herstel!!!!!

My Woes vriende



Werk publiseer deur die skrywer

D = Werk saam met ander skrywer publiseer


Totale - Statistieke 1 uur oud
Totale werk publiseer: 66
Totaal gelees: 65,561
Totaal kommentaar: 94

Artikels deur die skrywer Klik hier vir hulp
Selfoon of Bybel?
Soos susters
Huskypret?!
Om 'n Husky te besit ...
Is jy 'n stoetleier?

Happies deur die skrywer Klik hier vir hulp
Husk(y)epades
Nag van die lang messe
Hoe ken jy my?
Steve - ek sing nie meer so hard saam
Vandag het ons jou begrawe
   Wys al 61 happies   Wys meer


290 gebruikers aanlyn
15 lede aanlyn

Laaste werk in:
00:17:51
Wys alle nuwe werk

Teken In
E-pos adres:
Wagwoord:




Woes Gunstelinge
Goedkoop Versekering
Lewensversekering
GNN - Gebedsgroep
WoesBlog Forums
Spraar tot 25% op versekering