Net die gedagte dat God my geskep het, oorweldig my met vreugde. Ek weet dat Hy altyd in beheer is en daarom laat ek Hom toe om my lewenspaadjie namens my te bepaal. Hy bevestig immers in Sy Woord dat Hy net goeie gedagtes en drome oor my koester (Jeremia 29:11). Ek is dus nie skaam om te verklaar dat ek 'n wedergebore Christen is nie. Ek is nie skaam om te verklaar dat Jesus my Heer en Saligmaker is nie. Ek is nie skaam om te verklaar dat ek glo dat Hy uit die dood opgewek is nie. Ek is nie skaam om te verklaar dat Hy aan die regterhand van die Vader sit nie. Hy is die Koning van my hart. Ek glo onomwonde in die Woord van God as die waarheid. Ek glo onomwonde in vryspraak. Ek glo in die Krag van gebed. Ek glo in Hom. Ek glo.