Digters is dromers op papier en Afrikaans is die papier van hulle drome. Deesdae is die Afrikaanse digkuns (volgens die koerante en ander “kenners”) aan’t agteruitgaan en al hoe minder geleenthede word geskep vir die jong digter om sy/haar werk aan die publiek bekend te stel.
Die boek, WAARHEEN MET DIE NUWE WYN, wat in 2004 vir die tweede keer nuut gepubliseer is, is bedoel om ‘n bydrae te maak as deel van die gesprek rondom Bybelse vernuwing wat tans onder veral Afrikaanssprekende gelowiges aan die gang is oor wat Christen-wees en kerk-van-Christus-wees beteken.