Om ‘n boek in die boekwinkel te koop moet die gebruiker ‘n vormpie invul om so kontak te maak met die skrywer om rëelings te tref vir betaling en aflewering.
‘n Paar mense het my al genader rondom advertensies op Woes maar dan is dit goed soos trourokke en al sulke klein dingetjies. Dit is moeilik om dit te adverteer as die persoon nie enigsins ‘n webwerf het waarheen banier advertensies kan kliek nie.
My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloë en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.